Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Van ‘n Lae 60% tot ‘n Volle 72%.
Deon se Ma Vertel

Daar is nie genoeg maniere waarop ek my waardering vir die werk wat julle doen kan uitspreek nie.

Deon (Graad 5) het verlede jaar gedurende die derde kwartaal by Edublox begin. Aan die begin het dit baie aanmoediging gekos om hom by Edublox te kry, maar na ‘n paar maande het hy die klasse geniet en met entoesiasme bygewoon. Sy selfvertroue in sy akademiese vermoëns het begin groei.

As ‘n leerder wat in Graad 3 met aandaggebreksindroom gediagnoseer is, was leer en lees vir hom ‘n geweldige uitdaging en ‘n tydrowende proses. As ouers het ons Deon aangemoedig om net sy beste te lewer; akademiese prestasies was ‘n ‘bonus’.

Dis ‘n jaar later en nie net het Deon se selfvertroue met rasse skrede verbeter nie, hy is ook besig om sy ‘bonus’ te verdien. Dit was wonderlik om Donderdag sy rapport te kry en die resultate van sy ywer te geniet. Sy algehele gemiddeld het van ‘n lae 60% na 72% gestyg. Die beste verbetering was in sy tale met 77% vir Afrikaans en 79% vir Engels!

Aan alle ouers wat Edublox oorweeg, weet net, dit is SO die moeite werd. Deur Edublox belê jy nie net in jou kind se akademie nie, jy belê in hom/haar as mens.

Dankie vir die seën wat julle is deur die werk wat julle doen. Die positiewe leeromgewing laat kinders glo in hulself en die akademiese resultate is die bonus.

Mag julle voortgaan om suksesvol wees!

Met opregte waardering,
Chantalle de Kock
25 Julie 2014.