Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Aandagspanprobleem Iets van die Verlede.
Vordering in Wiskunde Fantasties!
Jan-Lo se Tutor Vertel…

Jan-Lo Maree is ‘n woelige, baie sportiewe kind en het gedurende sy graad 3 jaar, in 2011 vir namiddae hulpklasse na my begin kom. Hy was depressief, huilerig en baie aggressief. Geen selfbeeld. Hy kon bykans nie lees nie, het foneties geskryf en Wiskunde was ‘n nagmerrie.

Gedurende die laaste trimester van graad 3 het hy voltyds by my begin skoolgaan. Hy het werklik baie swaar gekry. Gedurende 2012 het sy ouers hom ingeskryf by Me. Connie Senekal in Swakopmund om Edublox te doen sodat ons iets aan sy aandagspan en lees-, spel- en skryfprobleem kan doen. Hy het vir die aanvanklike voltydse twee weke kursus gegaan en soos in met die terugkeer van daar af, kon ek onmiddellik ‘n verbetering in sy lees opmerk. Daarna het hy twee middae per week Edublox gedoen.

Sy selfbeeld en selfvertroue het ‘n hupstoot gekry toe hy makliker begin lees en skryf het en van daar af het dit makliker gegaan om dinge in plek te kry. Ek het toe basies teruggegaan na die grondslag van Afrikaans en Wiskunde en hy vorder fantasties in Wiskunde! Hy het baie verbeter in sy Afrikaans en toe dit eers op ‘n aanvaarbare vlak was het ek begin om aan sy Engelse grondslag te werk. Ons het nog heelwat werk wat dit betref maar die beste nuus ooit is dat hy met die aanvang van 2014 aanvaar is om sy graad 6 jaar te begin in die privaatskool Pro-ed Akademie in Swakopmund. Die terugvoer wat ek van die skool af kry is dat hy werklik konsentreer en dus is die aandagspanprobleem beslis iets van die verlede. Sy skrif is uiters netjies, spelling het drasties verbeter alhoewel dit nog ruimte het vir verbetering en sy lees is heeltemal aanvaarbaar vir sy graad. Jan-Lo ondervind nog probleme met die skryf van meervoude byvoorbeeld bom en bomme. Hy sal bome in plaas van bomme skryf maar ons werk geduldig aan daardie aspek.

Ek kan met ‘n oop gemoed sê dat Edublox vir hom ‘n fantastiese hulpmiddel was en dat dit vir hom ’n nuwe wêreld oopgemaak het. Hy staan sy plekkie deeglik vol en ek twyfel of dit die geval sou kon wees as Edublox nie gehelp het om die struikelblokke uit die weg te ruim nie.

Amanda Fleidl (Tutor)

Graad 3 was vir Jan-Lo baie moeilik. Hier is sy laaste rapport voordat hy uit die skool gehaal is. Hy het intussen soveel verbeter dat dieselfde skool hom terug aanvaar het vir Graad 6:
Rapport