Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Branden Oorwin Ernstige Leerprobleme

“Branden was baie gespot by die skool omdat hy nie kon lees en spel nie, en daarom was hy ‘n rebelse seuntjie,” vertel Annemarie, sy ma. “Sy skrif was baie sleg, en hy het baie min selfvertroue gehad. Hy het sommer net gesê hy wens hy was dood sodat hy nie so moet sukkel en gespot word nie. Sulke woorde vir ‘n ouer is hartverskeurend.

“Branden is op Ritalin gesit, en het ‘n bril gekry wat deur sy skool aanbeveel is om te probeer help. Maar aan die einde van die jaar is ons ingeroep en meegedeel dat Branden nog steeds baie swak vaar op skool — b’s en d’s is omgeruil, hy kon geen woorde spel nie, en hy kon nie links en regs onderskei nie. Sy konsentrasie was baie swak en daarom het hy gereeld raas gekry by die skool. Hy het nie meer maats gehad nie en wou nie meer skool toe gaan nie,” sê Annemarie.

Branden, toe 8 jaar en 8 maande oud en in ‘n Graad 2-hulpklas, is by die skool getoets deur die sielkundige en die uitslag was dat hy dadelik in ‘n spesiale skool gesit word:

Bevindings

“Al sy tellings was baie ver onder gemiddeld. Al sy punte aan die einde van 2011 was 1’s en 2’s,” sê Annemarie.

Radeloos soek Branden se ouers hulp vir sy leerprobleme. Toe die nuwe skooljaar aanbreek stuur hulle hom na ‘n ander, gewone skool toe en skryf hom in vir Graad 3. Die verandering van skool het egter geen effek nie en dit word aanbeveel dat hy Graad 2 herhaal.

Op 20 Januarie 2012 word Branden by Edublox geëvalueer.

Essi-Leestoets

Branden word getoets met die Essi-leestoets, op ‘n Graad 3, eerste kwartaal-vlak.

Van kinders wat die toets doen behaal

4% ‘n stanege van 1 (BAIE SWAK)
19% ‘n stanege van 2 of 3 (SWAK)
54% ‘n stanege van 4, 5 of 6 (GEMIDDELD)
19% ‘n stanege van 7 of 8 (GOED) en
4% ‘n stanege van 9 (BAIE GOED)

Branden behaal ‘n stanege van 1 (BAIE SWAK).

Getoets op ‘n Graad 2, eerste kwartaal-vlak behaal hy steeds ‘n stanege van 1 (BAIE SWAK).

Getoets op ‘n Graad 1, derde kwartaal-vlak behaal hy ‘n stanege van 5 (GEMIDDELD).

Hardoplees

Branden se leesspoed met hardoplees is slegs 19 woorde per minuut. Alle woorde word eers geklank en dan selfs verkeerd gelees: “groot” word gelees as “grot,” en “kind” as “kinders”. Hy verloor ook sy plek.

Essi-Speltoets

Branden word ook getoets met die Essi-speltoets, op ‘n Graad 3, eerste kwartaal-vlak en behaal ‘n stanege van 2 (SWAK).

Oorsaak

Die oorsaak van Branden se lees- en spelprobleme was voor die hand liggend: die grondvaardighede van lees en spel was nog nie geoutomatiseer nie. Eerstens het hy ‘n probleem met rigtingsin gehad. Vir ‘n kind wat probleme ondervind met rigtingsin, sal dit moeilik wees om die posisie van objekte ten opsigte van homself te bepaal, byvoorbeeld “regs van my”, “links van my”, “agter my”, “voor my”, ens. So ‘n kind sal dit moeilik vind om sekere pen-en-papier take, waarby die bepaling van rigting en posisie nodig is, korrek uit te voer, soos byvoorbeeld “skryf jou naam regs bo in die hoek”, “trek ‘n streep onder die woord ______”. Hy mag ook letters soos b en d met mekaar verwar, asook getalle soos 17 and 71, of hy sal dalk van regs na links in spieëlskrif skryf.

Tweedens het Branden, onder andere, ‘n baie swak visuele en ouditiewe geheue gehad:

Vaardigheid getoets:

Vormwaarneming

Visuele Geheue

Ouditiewe Geheue

Oogspan

Logiese Denke

Persentasie behaal:

82%

48%

50%

42%

33%

SKAAL:
90%-100% — Baie goed/Ontwikkeling sal vaardigheidsvlak verder verhoog.
80%-89% — Goed/Ontwikkeling sal die vaardigheidsvlak verder verhoog.
70%-79% —Gemiddeld/Ontwikkeling word benodig.
0%-69% — Ondergemiddeld/Ontwikkeling is noodsaaklik.

Aanbeveling

Daar word aanbeveel dat Branden vir twee weke uit die skool gehou word en ‘n intensiewe een-op-een kursus by Edublox doen (die kursus strek oor 10 dae, elke dag vanaf 08h00 tot 13h30). Daarna is hy terug skool toe en het twee Edublox-klasse per week bygewoon.

Resultate

Hier is Branden se skoolrapport aan die einde van Maart 2012:

Prestasievlak:
1
2
3
4
5
6
7
Prestasiebeskrywing:
Ontoereikende prestasie
Basiese prestasie
Matige prestasie
Voldoende prestasie
Beduidende prestasie
Verdienstelike prestasie
Uitmuntende prestasie
Persentasie:
0-29%
30-39%
40-49%
50-59%
60-69%
70-79%
80-100%

Rapport

Op grond van hierdie positiewe rapport en die kwaliteit van sy Edublox-klaswerk word Branden se Edublox-klasse verminder na een klas per week.

Aan die einde van die tweede kwartaal is Branden se skoolrapport ewe positief, maar om te verseker dat hy nooit weer terugval nie is dit noodsaaklik dat hy vir ‘n geruime tyd voortgaan om een Edublox-klas per week by te woon.

“Baie, baie dankie vir wat julle vir ons as ouers, maar ook vir Branden beteken het. Julle het vir ons ‘n nuwe, gelukkiger, positiewer en gemotiveerde seuntjie teruggegee. Ons sal julle ewig dankaar wees vir dit. Julle is sommer great!,” getuig Annemarie.