Tuisblad I Meer Oor Ons I Suksesverhale I Artikels I 'Franchise' I Kontak Ons |
As jy “ja” geantwoord het op enige van die bostaande vrae, kort jou kind waarskynlik van die gereedskap wat nodig is vir leer. ![]() Wanneer mens die regte gereedskap het, kan enige taak met groter gemak en effektiwiteit uitgevoer word. Stel jou voor dat jy ‘n lepel gebruik om sement te meng, eerder as ‘n sementmenger. Verbeel jou dat jy jou grasperk sny met ‘n skêr! Kognitiewe vaardighede — konsentrasie, persepsie, geheue en logiese denke — is verstandsvaardighede wat gebruik word in die verwerwing van kennis, en kan beskou word as ‘n kind se gereedskap vir leer. Navorsing het bewys dat kognitiewe vaardighede ‘n bepalende faktor van ‘n individu se leervermoë is, volgens Oxfordlearning.com dié vaardighede wat “goeie leerders en middelmatige leerders van mekaar skei.” In wese, wanneer kognitiewe vaardighede sterk is, word leer vinnig en maklik. Wanneer kognitiewe vaardighede swak is, word leer ‘n worstelstryd. Honderd en dertig studies het bevind dat 88% van swak lesers beduidend swak presteer in een of meer kognitiewe vaardighede. Onlangse studies ondersteun die idee dat baie kinders met ADHD kognitiewe tekorte het, spesifiek in werkende geheue. Die goeie nuus is dat kognitiewe swakhede reggestel kan word. Die sleutel is om die spesifieke swakhede te identifiseer, en dan te verbeter deur middel van onderrig en oefening. Dis reg, kognitiewe vaardighede kan verbeter en versterk word. Edublox spesialiseer in opvoedkundige hulp wat kinders slimmer maak, hulle help om vinniger te lees en te leer en om wiskunde met vertroue aan te pak. Ons programme stel leerders daartoe in staat om leesprobleme en leerversperrings te bowe Tree vandag nog in verbinding met ‘n Edublox-kliniek en gee jou kind die geskenk van prestasie. Dis ‘n belegging met lewenslange opbrengs. Klik hier vir kontakbesonderhede. Lees. Leer. Presteer. |