Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Intelligensie

Die Psigologie-Woordeboek (Louw et al., 1979) definieer intelligensie as die vermoë om (a) abstrakte konsepte effektief te hanteer en toe te pas, (b) verbande in te sien en nuwe leerstof te bemeester en (c) effektief by nuwe omstandighede of situasies aan te pas. Hierdie siening (die sogenaamde funksionele benadering van intelligensie) beklemtoon drie aspekte van dieselfde proses hoewel sommige skrywers dit as drie onafhanklike definisies sien. Opstellers van intelligensietoetse gee dikwels weinig aandag aan wát gemeet word, maar konsentreer eerder daarop om instrumente beskikbaar te stel wat goeie voorspellers van skolastiese prestasie is.