Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Guillaumé Taljaard, Graad 3, Verbeter Merkwaardig.
Sy Ma en Juffrou Vertel

Guillaumé was vanaf eerste kennisname in Engels-medium skole. Na vele oorwegings het ons besluit om hom in Januarie 2014 in 'n Afrikaans-medium skool te sit.

Die 13de Februarie 2014 het sy klasonderwyseres gevra dat ons haar dringend kom sien.

'n Verslag oor sy aanpassing is aan ons gegee, wat verskeie probleme uitgewys het:

  • Sukkel om take te voltooi in gegewe tyd
  • Swak konsentrasie
  • Sukkel om links en regs op impuls uit te wys
  • Sukkel om te lees
  • Swak begrip wanneer hy lees
  • Swak lettervorming
  • Ruimtelike oriëntasie nie goed genoeg ontwikkel

    Ons is verwys na terapeute wat moontlik ADHD medikasie sal kan voorskryf. Ons as ouers het egter besluit dat dit nie vir ons 'n uitweg is nie. Na 'n bietjie navorsing het ons besluit om Edublox te probeer.

    Aanvanklike Edublox assessering op 21 Februarie 2014 het die jufrou se bevindinge bevestig. Ons is tans so 50% deur die aanbevole ure en daar is merkwaardige verbetering aan sy skoolwerk.

    Sy konsentrasie is baie beter en sy selfvertroue het beslis 'n hupstoot gekry.

    Guillaumé lees buite skool boeke op sy eie, sonder aanmoediging. Voorheen was hy te bang om te lees, en hy kon ook nie vir jou die storie terugvertel nie. Na die sowat 50 ure van Edublox kan hy 'n storie lees en dae later steeds vir jou fyner besonderhede van die storie vertel.

    Lopende skrif is steeds nie baie netjies nie, maar die ruimtelike oriëntasie word beter en dit behoort resultate op die skrif te hê.

    Edublox het voorwaar 'n verskil gemaak in Guillaumé se lewe en al is dit nie die sogenaamde mediese “quick fix” nie, glo ek dat hy blywende vaardighede by Edublox leer.

    Wilna Taljaardt
    3 September 2014

    Guillaumé se onderwyseres skryf...

    Guillaumé is by Laerskool Helderkruin ingeskryf vanaf Januarie 2014. Hy was Gr 1 en Gr 2 in ‘n Engelse privaatskool.

    Sy konsentrasie het my baie bekommer. Ek kon sien dat hy die vermoë gehad het, maar die groter klasse was definitief vir hom ‘n aanpassing. Daarmee saam het ons alreeds lopende skrif geskryf en die algemene terminologie was vir hom ‘n uitdaging.

    Tans in die 3de kwartaal kan ek met alle eerlikheid sê dat hy pragtig gevorder het. Sy konsentrasie het baie mooi verbeter. Hy kan selfstandig werk, maar het nog soms aanmoediging nodig. Sy lettervorming verg ook nog aandag. Hy lees ‘n vraestel met goeie begrip, en kan dit in die gegewe tyd voltooi.

    Guillaumé is ‘n oulike seun waarop sy ouers met reg, baie trots kan wees.

    Marthea Smith (Klasonderwyseres)
    9 September 2014