Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Hulpelose Kinders Word Wenners

Graad 1:

Hermien se grootste probleem was konsentrasie. By die skool is tot die slotsom gekom dat sy aan Petit mal-epilepsie ly weens haar uiters dromerige neigings en die indruk dat mens nie tot haar kan deurdring nie. Sy het ook gesukkel met lees en spelling en haar wiskundige vermoëns was baie beperk. Haar onderwyseres was baie bekommerd en het gewonder of sy nie in ‘n spesiale klas tuis hoort nie.

In Mei van haar Gr 1-jaar word Hermien deur ‘n neuroloog ondersoek. Hy het bevestig dat sy geen tekens van epilepsie toon op die EEG nie en bygevoeg: “Daar is geen kenmerke van Petit mal waarneembaar nie, en dit lyk net of sy so in haar eie gedagtewêreld wegdryf dat ‘n mens twee of drie keer met haar moet praat voordat sy luister, en selfs dan is dit moeilik om haar belangstelling te hou”. Hy het Hermien se probleem gediagnoseer as ‘n “aandagfluktuasie-sindroom as deel van ‘n minimale serebrale disfunksie sindroom”.

‘n Tweede, heeltemal teenstrydige opinie van ‘n ander neuroloog, twee maande later, beskou egter Hermien se episodes van “afwesigheid” as Petit mal-epilepsie, wat hy “met ‘n EEG-ondersoek as sodanig bewys” het, en hy skryf Ritalin voor.

Teen September val Hermien by Edublox in.

Graad 2:

Alhoewel daar na ses maande ‘n verbetering in Hermien se skoolwerk te bespeur was, was die verbetering nie voldoende om die skool tevrede te stel nie. In Maart van haar Gr 2-jaar verwys die skool Hermien weer na die laasgenoemde neuroloog omdat sy steeds “swak konsentrasie toon, gou moeg raak en belangstelling verloor”. In hierdie ondersoek beskou die neuroloog die Petit mal-epilepsie as opgeklaar, en dat die EEG-meting nou ‘n “serebrale disfunksie” toon as gevolg van ‘n “minimale serebrale beskadiging wat ten tyde van geboorte opgetree het”. Hierdie disfunksie beskou hy ook as die oorsaak van haar lees- en spelprobleme. In dieselfde maand word ‘n IK-toets op Hermien gedoen wat haar IK as laaggemiddeld meet. Die skoolsielkundige wat die toets afgeneem het, het verskeie programme aanbeveel, asook dat sy voortgaan met Edublox. Hermien se ouers het egter besluit om slegs met Edublox voort te gaan.

Dit moet in gedagte gehou word dat nie almal ewe vinnig vordering maak met behulp van Edublox nie. Een van die redes daarvoor is dat almal nie verstandelik ewe begaafd is nie. ‘n Mens vind dat meer intelligente kinders vinniger op die program vorder as die wat minder intelligent is.

Dit wil egter glad nie sê dat Edublox minder waarde het vir minder intelligente kinders nie. ‘n Vergelyking met die liggaamlike eweknie behoort dit duidelik te maak. As ‘n baie groot man begin gewigte optel, sal hy werklik baie strek word. ‘n Heelwat kleiner man kan ook sy krag aansienlik verbeter deur met gewigte te oefen, maar hy sal nooit so sterk kan word soos die groter man nie. Indien die groter man egter nooit oefen nie, en die kleiner man wel, dan is daar natuurlik baie sterk moontlikhede dat die krag van die kleiner man mettertyd dié van die groter man sal oortref. Net so sal die minder begaafde kind baie by die verstandelike oefeninge van Edublox baat, en mag hy mettertyd die prestasievlak van die meer begaafde kind wat nie aan enige program van hierdie aard deelneem nie, oorskry. Dit is dan ook wat met Hermien gebeur het...

Na ‘n verdere ses maande van Edublox begin Hermien daadwerklike vordering toon en word dit duidelik dat sy geen ander hulp as Edublox nodig het nie.

Hermien se klasonderwyseres skryf:

Na ses maande was daar merkbare vordering. Haar vordering was na ‘n jaar ongelooflik, in so ‘n mate dat ons haar weer eens na ‘n skoolsielkundige verwys het om seker te maak dat ons bevindinge juis was. Ongelooflik was dit toe die skoolsielkundige my skakel en meedeel dat Hermien se skolastiese evaluering daarop dui dat sy binne nege maande as volg verbeter het:

Datum getoets: Spoedlees: Gegradeerde lees: Spelling:
23 Maart
Nota: Hermien is in Gr 2, en doen Edublox al vir ‘n paar maande.
Gr 1, 4de kwartaal Gr 1, 3de kwartaal Gr 1, 2de kwartaal
4 Desember
Nota: Hermien is in Gr 2, en doen Edublox vir langer as ‘n jaar.
Gr 3, 3de kwartaal Gr 3, 2de kwartaal Gr 3, 4de kwartaal

Hier moet in gedagte gehou word dat hierdie kind ‘n Gr 2-leerling is.

Wat die meeste verblydend vir my is, is die feit dat hierdie kind wat geen selfvertroue gehad het nie, wat nooit wou waag nie, nou alle situasies met soveel selfvertroue hanteer, wat selfs leiding neem in die klas. Sy het ‘n geweldige persoonlikheidsverandering ondergaan! Dit was vir my as onderwyseres hartroerend om hierdie kind te sien LEEF!

Hiermee ook my lof en eer aan ons Hemelse Vader, want sonder Hom sou hierdie vordering seker nooit moontlik gewees het nie.

.... Julle maak hulpelose kinders WENNERS!

Hermien is so ‘n WENNER!

Hermien se rapportpunte vanaf Gr 1 tot aan die einde van Gr 2:

 Jun Gr 1Des Gr 1Jun Gr 2Des Gr 2
     
AFRIKAANS    
Mondelinge werkBBBA-
LeesBBB+A
Klanke/Woordbou/Spelling B-BBA
Skriftelike werkB-BBA
     
ENGELS    
Mondelinge werkBBAA
     
WISKUNDEB-B-B-A
     
SKRIFB-BBA

Hermien is 'n skuilnaam.