Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Ruimtelike Oriëntasie-Probleme

Dit is die onvermoë om die verhouding van ‘n voorwerp tot die waarnemer waar te neem.

‘n Kind met ruimtelike oriëntasie-probleme ken nie die ruimte om hom nie. Hy kan nie onderskei tussen links en regs, bo en onder, voor en agter, binne en buite, onderdeur en bo-oor, horisontaal en vertikaal, op en af, ens. nie.

So ‘n kind kan maklik die ‘b’ en die ‘d’ verwar, lees ‘kat’ vir ‘tak’, verwar die ‘u’ en ‘n’. Hy vind dit uiters moeilik om te leer lees en skryf.