Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Klasse Sit ‘n Huppel in Heinrich se Stap:
Mnr D H Hartman Vertel…

Heinrich het met baie min selfvertroue by die program aangesluit. Hy het ook baie probleme gehad om te konsenteer.

Voordat hy begin het, was dit nie vir hom moontlik om vier sinne in 'n uur te studeer nie. Dit het letterlik ure geduur om hom te help om te studeer, selfs dan het hy nog steeds nie baie goeie punte behaal nie. Sy geheue het hom ook in die steek gelaat. Hy kon eenvoudig nie onthou nie. Hy het geen voorliefde vir lees gehad nie.

Sommer baie gou nadat Heinrich begin het, was dit weer tyd om toets te skryf. Ek kon skaars glo dat hy na 'n halfuur teruggekom het en gesę het dat hy sy werk ken. Ek het toe besluit om hom 'n paar vrae te vra. Groot was my verbasing toe hy heel bedaard die antwoorde ewe rustig op al die vrae gee sonder om te huiwer. Ek het dadelik besef dat die klasse baie meer vir Heinrich beteken het as wat ek gedink het. Hy het nou geen probleme om te studeer nie.

Hy het kom vra om by die plaaslike biblioteek aan te sluit. Hy lees nou baie graag en vertel ook van die dinge wat hy gelees het graag oor. Hy kan dan baie interessant gesels oor baie van die dinge waarvan hy voorheen nie geweet het nie.

Sy klasonderwyseres het gekla dat sy nie vir Heinrich punte vir mondelinge werk kan gee nie, aangesien hy eenvoudig botweg geweier het om voor die klas te staan en praat. Gedigte wou hy ook nie voordra nie. Sy was genoodsaaklik om vir hom punte te gee op grond van wat sy buite die klas gehoor het wanneer hy met sy maats praat. Heinrich het nou baie meer selfvertroue en praat met gemak wanneer mondelinge oefeninge gedoen moet word. Dit is nou 'n plesier om te sien hoe hy hom vir mondelinge werk voorberei wat hy voorheen glad nie wou doen nie.