Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Suksesverhale (Bladsy 3)

Klik hier om na video-onderhoude te kyk, klik hier om gevallestudies te lees, klik hier om die nuutste getuigskrifte te lees, of lees die getuigskrifte hieronder:

Nadia Luus: “Toe Charlene in Gr.4 (2010) begin eksamen skryf, het ons agtergekom dat sy leer- en leesprobleme het. Na ‘n klomp evaluasies is daar voorgestel dat sy spraakterapie, arbeidsterapie en ekstra leesklasse moet kry, sowel as Concerta moet drink.

“Teen die middel van Gr.6 (2012), na die eerste kwartaal, het ons besef ons sal iets drasties moet doen, want na al die jare van terapie en ekstra leesklasse, kon ons nog geen resultate sien nie. My man het toe op die Internet begin soek en op Edublox se webtuiste afgekom. Ons het haar dadelik vir ‘n evaluasie gevat en met klasse begin. Ek het die terapieë en ekstra leesklasse gestaak en net met Edublox begin in Mei 2012.

“‘n Kwartaal nadat Charlene met klasse by Edublox begin het, kon ons dadelik ‘n duidelike verskil aan haar punte en selfvertroue sien! Sy het begin om skooltake en huiswerk self te doen (ek moes voorheen met alles help en kontroleer dat huiswerk gedoen word). Haar lees het drasties verbeter (sy was maar op ‘n Gr.4-standaard). Sy is so positief en voel ook nou dat sy iets kan doen, waar sy altyd gevoel het sy is net nie goed genoeg nie. Sy het ook dikwels gedink sy is dom! Sy straal nou behoorlik en sien kans vir Gr.7. Dit is alles te danke aan Susan en haar span! Ek het al ander ouers verwys na Edublox!”

Vanaf die die eerste tot die vierde kwartaal het Charlene se persentasies soos volg gestyg: 6% in Lewensoriëntering, 8% in Rekenaargeletterheid, 8% in Wiskunde, 17% in Sosiale Wetenskappe, 18% in Natuurwetenskappe, 21% in Engels, 27% in Ekonomiese - en Bestuurswetenskappe, en 28% in Tegnologie:

Raport


Adel Weber: "Alexander het aangesluit by die Edublox-program omdat hy gesukkel het met lees, woordherkenning, spelling, asook omkerings bv. b/d en p/9/q.

"Sy hardop lees het baie verbeter asook die spoed. Wanneer hy 'n woord klank, doen hy dit nou op die korrekte manier van links na regs en nie soos in die verlede dat hy by die laaste letter van die woord begin en terugklank nie. Die omkerings van die b/d en p/9/q is reggestel. Alexander se ouditiewe geheue het verbeter en hy verstaan beter wat hy lees. Sy woordherkenning is goed en sy spelling is op standaard. Alexander se logiese denke het baie verbeter! Hy het selfs n liefde vir lees ontwikkel. Hy neem 'n boek uit sy eie en lees sonder dat ek hom hoef aan te moedig.

"Alhoewel hy in die algemeen soveel verbeter het is daar nog werk in terme van lees met begrip."

Alexander se spoggerige rapport aan die einde van 2012. Hy behaal 7’s (‘Uitmuntende prestasie’) vir byna al die afdelings:

Rapport


ePos

Raport


ePos

Raport


ePos


Amanda en Corrie Gonzales: “Kwartaal een van Graad 1 het Juandré se Juffrou ons laat weet dat Juandré sukkel met sy konsentrasie, werkstempo en taakvoltooiing. Dit was hartverskeurend om dit te hoor. Ek het toe dadelik hulp begin soek en deur die internet Edublox ontdek.

“Juandré was in April geassesseer deur Monique en het toe Saterdae met sy eerste klasse begin. Ons het ook besluit dat Juandré die een-op-een intensiewe kursus vir 2 weke doen.” Lees verder…


ePos


ePos


ePos

Raport


From: rardavan.oosten@gmail.com
Sent: 14 August 2012 02:54 PM
To: monique@edublox.com
Subject: Bjorn - Edublox

Bjorn was hardhorend tussen onderdom twee tot vier jaar. Na 'n ooroperasie in albei ore is sy gehoor herstel. Selfs met spraakterapie in Engels en Afrikaans, sowel as arbeidsterapie kon Bjorn nie gou genoeg inhaal om teen 6 jaar skoolgereed te wees nie. Nadat hy Graad R herhaal het is hy na Graad 1.

Bjorn het stadig maar seker al sy selfvertroue in Graad 1 verloor. Ons het hulp begin soek en deur die internet Edublox ontdek. Bjorn het sy eerste klas baie geniet. Sy woordeskat en wiskunde het dadelik begin verbeter. Hy het boeke nader getrek en begin lees. Sy selfvertroue het so verbeter dat sy skooljuffrou verbaas was. Hy is nou in Graad 2 en het maande se werk in 'n baie kort tyd ingehaal.

Edublox is uitstekend saamgestel. Ek wens Edublox kon deel wees van die skoolmodules.

Baie dankie
Rarda


ePos

Raport


From: Elaine Coetzee [mailto:Elaine.Coetzee@vodacom.co.za]
Sent: 23 July 2012 01:15 PM
To: monique@edublox.com
Subject: Spog Boks

Hallo Monique,

Aangehegte rapport is vir Graad 2 kwartaal 1 en kwartaal 2.

Ek wil net graag Tristan se rapport met julle deel want WOW hy't baie goed gevorder.

Om te dink vroeer hierdie jaar was ek raadop en vandag kan ek met trane van vreugde en groot blydskap aanmeld dat daar groot vordering plaasgevind het.

Gedurende graad 00 (2009) en graad 0 (2010) het ek ondervind Tristan hou nie van skryf en inkleur nie en het toe in Mei 2010 besluit om hom na ‘n Arbeidsterapeut te neem vir ‘n volledige evaluasie. Daar is toe lae spiertonis by hom waargeneem en die Arbeidsterapeut het aanbeveel dat hy vir arbeidsterapie gaan. Hy neem ook deel aan 'n paar ander buitemuurse aktiwiteite en geniet elke oomblik daarvan. Hy het met arbeidsterapie klaar gemaak einde Maart 2012 maar woon nog steeds getrou sy ander aktiwiteite by, insluitende Edublox wat hy sedert die begin van Januarie 2012 bywoon.

Aanvanklik het Tristan baie stadig gewerk, kon nie afhanklik sit en huiswerk doen nie en het lank geneem om opdragte te voltooi. Hy is gaande oor lees maar was baie skaam om self te lees. Tristan het al so mooi gevorder dat hy onafhanklik kan sit en huiswerk doen met hulp hier en daar. Hy voer opdragte makliker uit en lees nou met graagte hardop.

Tristan is in die algemeen ‘n pragtige seuntjie wat gou vriende maak en gewild is onder sy maats. Hy is baie goed tweetalig en hou daarvan om in Engels te kan gesels. Sou jy hom vra om tussen ‘n Afrikaanse en Engelse storieboek te kies, is die kans groot dat hy Engels sal kies. Hy geniet somme baie, speel graag kaart, bordspeeltjies en is spesifiek baie lief vir Monopoly.

Aan die Edublox Span, Helderkruin: Dankie dat julle so mooi na ons kinders omsien en weet dat julle aan elkeen van hulle elke dag 'n verskil maak ongeag van hoe groot of klein. Dankie dat julle in ons kinders glo!!

Groete

Elaine

Raport


Annemarie Brooks: “Branden was baie gespot by die skool omdat hy nie kon lees en spel nie, en daarom was hy ‘n rebelse seuntjie. Sy skrif was baie sleg, en hy het baie min selfvertroue gehad. Hy het sommer net gesê hy wens hy was dood sodat hy nie so moet sukkel en gespot word nie.

“Sulke woorde vir ‘n ouer is hartverskeurend. Branden is op Ritalin gesit, en het ‘n bril gekry wat deur sy skool aanbeveel is om te probeer help. Maar aan die einde van die jaar is ons ingeroep en meegedeel dat Branden nog steeds baie swak vaar op skool.” Lees verder…


Gertrud du Toit: “Ek val met die deur in die huis: Edublox verander lewens. Edublox verander nie net ‘n kind met ‘n leeruitdaging nie, dit verander die hele dinamika in ‘n gesin, verhoudings en gesindhede.

“Met ‘n mens se eerste kind maak jy baie foute. Verstaan my desperaatheid twee jaar en ± ses maande gelede. My seun, Daneél, het skolastiese uitdagings (lees- en leerprobleme) gehad. Hy was in vier verskillende skole (onder andere ook in ‘n skool wat spesialiseer in ADHD). Om van skool te verander, verander nie die probleem nie. Na duisende rande se toetse, evaluasies, pediatriese neoroloë, remediëring (en ‘n psigiater vir die ma!), het ek van Edublox gehoor en ‘n middag na werk by Susan aangegaan. Sy het ‘n boks tissues uitgehaal en na my geluister so tussen die moedelose trane deur.” Lees verder…


Chrizanne van der Berg

Alhoewel Chrizanne se punte in Graad 3 (2010) redelik tot goed was het ons aan die einde van Graad 3 gevoel dat sy glad nie op standaard was met veral lees nie en dat haar omkering van letters nog te veel voorgekom het. Sy het dit gehaat om te lees en sover moontlik vermy.

Met Graad 4 wat voorgelê het in 2011 was ek baie bekommerd aangesien dit die jaar was waarin sy moet begin toetse skryf en leer. Hoe leer jy as jy nie kan of wil lees nie? Sy is getoets met ‘n baie swak punt vir lees asook probleme met persepsie.

Dit het ‘n hele rukkie geneem van vele lesse 2 keer ‘n week maar stadig maar seker het sy wel beter begin lees en het die omkerings minder geword. Haar geheue het skerp verbeter wat die leerproses vergemaklik het. Groot verbetering is ook gesien in Afrikaanse begripstoetse. Haar rapport persentasie was 72 in die begin van 2011 en 80 aan die einde van die jaar.

Engels kan nog baie verbeter. Chrizanne se lees is nog nie op graadvlak nie en omkerings kom wel steeds voor. Haar lesse by Edublox word in 2012 voortsit.

Susan van der Berg
Desember 2011

Chrizanne se Verslag


Marie Erasmus: “Robert kon nie spel nie en het baie gesukkel met lees. Hy het altyd sy werk geken met eksamens, maar sy punte het dit nooit gewys nie omdat hy die vrae verkeerd gelees en verstaan het. Wiskunde, Afrikaans en Engels was ‘n groot probleem. Hy kon ook nooit ‘n boek vat en self leer nie; ek moes hom altyd leer en opsommings vir hom maak.

“Hy was maar ‘n kort rukkie by Edublox, wat ‘n groot verbetering gemaak het.” Lees verder…


Jolene Lizamore: “In die begin van 2010 het 'n dokter Estiaan op medikasie gesit en die juffrou moes kort-kort 'n verslag gegee het oor hoe hy vorder op dit en op skool.

“Die jaar het verbygegaan, en omdat die juffrou en die dokter nooit iets gesê het nie het ek aangeneem alles is okay! Toe die einde van die derde kwartaal kom het daardie dag in 'n nagmerrie ontaard: “Jou kind het 'n agterstand en hy moet na 'n spesiale skool toe gaan.” Soos enige ma sou doen het ek in die kar geklim en gehuil en vir myself afgevra, Wat doen ek nou? Lees verder...


Lizemari Richter

Ons het agtergekom Lizemari memoriseer die sinne wat sy hoor wanneer sy na die prente kyk in haar leesboek. Wanneer ons die prente toe hou, lees sy die sinne baie moeilik. Sy het sommer vir ‘n “s” ‘n “t” gesê en “b”, “d”, “p” en “q” omgeruil en ook nie geweet wat “links” of “regs” is nie, maar geraai. Sy het ook die “9” as ‘n “p” geskryf en “2” en “s” omgeruil. Haar konsentrasie was swak.

Deur die derde kwartaal moes ek haar nog baie help met haar huiswerk. Deur die vierde kwartaal het sy baie op haar eie gewerk en teen die einde van die vierde kwartaal alles self gedoen. Sy het elke dag met ‘n nuwe leesboekie huis toe gekom!

Ons is bewus van haar positiewe vordering. Sy werk nou ook netjieser — daar was ‘n tyd wat sy alles net wou klaarkry en dan was haar werk baie onnet.

Sy sukkel nog wel om na ons te luister en ons grootste klagte is dat sy nie hoor wanneer ons met haar praat nie!

Lizemari wil altyd graag Edublox-klasse bywoon en sy kom altyd met ‘n glimlag uit die klas uit. Sy sê die “tannies” is baie vriendelik en hou van almal. Baie dankie!

Sarette

‘n Voorbeeld uit Lizemari se skoolskrif, 23 November 2011:
‘n Voorbeeld uit Lizemari se skoolskrif, 23 November 2011


Gouws se ePos


Anneke Fischer se ePos


Blanche De Lange se ePos


Mari-lett du Plooy: “Neil is in Oktober 2009 by Edublox ingeskryf. Hy het in die volgende leerareas probleme ondervind:

“Sy b, d en j is omgeruil met woorde skryf. Daar was ook min logiese volgorde met sinne skryf. Neil se handskrif was ook nie op standaard nie. Hy het baie min selfvertroue gehad en wou nie alleen dinge aanpak nie.

“Die oulike oefeninge wat Neil gedoen het vir die omruilings het dit sommer in ‘n japtrap reggestel.

“Teen Mei 2010 het Neil reeds baie selfvertroue ontwikkel. Soveel so dat sy Juffrou hom gevra het om een oggend met skriflesing en gebed te open in die saal.” Lees verder...


Alida Smit: “In Graad 2 het ek agtergekom dat Abraham sukkel om te onderskei tussen klanke en letters. Ons het hom laat toets by die skool se terapeut wat ons verseker het dat dit nog baie vroeg is en dat ons nie bekommerd hoef te wees nie. In Graad 3 het dit nie beter gegaan nie en op aanbeveling van die skool het ons XXXX XXX en XXXX XXXXXX probeer. Gou was hy verveeld met die klasse en wou hy nie meer gaan nie. In Graad 4 het ek hom laat toets vir disleksie aangesien daar byna geen verbetering in skoolwerk was nie.” Lees verder…


Renette Gouws: “Kayla het in haar eerste skool jaar (2009) relatief goed gevaar. Sy het goed gevorder in uitkomste wat selfs ons verbaas het — sy het deurgedring tot finale in redenaars, haar lees was op standaard, sy het ekstra Kumon klasse geneem en haar wiskunde was een van haar sterk punte. Gedurende die 4de kwartaal was sy blootgestel aan ‘boelies’ en vandaar het alles begin skeefloop! Na 3 operasies, verskeie intervensies by haar sielkundige om die insident te verwerk, het haar opvoedkundige sielkundige ons gewaarsku dat daar ‘n mate van post traumatiese stres kon manifesteer.” Lees verder...


Die rede waarom ons vir Shaun aan die begin van sy graad 1 jaar by Edublox ingeskryf het, was omrede sy graad R juffrou bekommerd was, omdat hy sukkel om sagte klanke te hoor en dit dus sy vordering met sy geletterdheid beperk. Ons het Shaun laat toets en uitgevind dat dit as gevolg van sy kwaai sinusse is dat hy met tye nie mooi kan hoor nie, waarvoor hy nou medikasie gebruik. As gevolg van hierdie probleem was ek en my man bekommerd dat hy gaan sukkel in sy graad 1 jaar, wanneer hy moet begin lees en het dus besluit om hom by Edublox in te skryf met die hoop dat dit sal help.

Tot ons verbasing was daar ‘n uitstekende verbetering. Shaun se geletterdheid het al die eerste kwartaal van graad 1 van ‘n 2 na ‘n 4 gespring. Sy lewensvaardighede het ook van ‘n 3 na ‘n 4 gespring. Sy graad 1 juffrou het geen probleme ondervind nie en sy spoed waarteen hy sy werk afhandel was puik, terwyl daar in graad R pal ‘n probleem daarmee was. Hy lees pragtig, met gemak en geniet dit baie.

Shaun se rapport, vóór hy by die Edublox-tak in Vereeniging begin het, en een jaar later. Geletterdheid het verbeter van ‘n 2 in Graad R na ‘n 4 in Graad 1:

Shaun se rapport


Marlien Riley: “Ek het beide Adriaan en Tommie ingeskryf by Edublox omdat ek uit moedeloosheid nie meer geweet het waarheen nie. Beide my seuns se onderwyseresse het bly sê hulle lees vorder nie. Van spelling wil ek nie eers van praat nie. Om die spelling in hulle koppe te kry op ‘n Donderdag was ‘n beproewing en as die toetse huis toe kom dan het hulle 9 uit 20. Dis asof letters en woorde nie sin gemaak het nie.

“Beide was 2 jaar by ‘n ander leessentrum en steeds was daar geen vordering nie. Ons het oë laat toets, maar niks verkeerd gevind nie.” Lees verder, en sien ook voorbeelde van Adriaan en Tommie se skoolwerk….


Mev Olivier, Januarie 2011: “Jannes het by Edublox aangesluit om sy lees te verbeter. Hy het einde September 2010 begin met Edublox. Gedurende die 4de kwartaal het ek ‘n groot verbetering in sy spelling opgemerk.

“Nadat ons by verskeie leesterapeute was ervaar ek Edublox baie positief aangesien Jannes nog steeds uitsien om die sessies by te woon.

“Daar is nog baie werk om te doen aan leesspoed en geheue.”

‘n Voorbeeld uit Jannes se speltoetsboek, vóór hy by Edublox aangesluit het, en ‘n voorbeeld vier weke daarna:

Vóór Edublox

Na Edublox


Riana Rossouw: “Reani is 8 jaar oud en het 2010 begin met Graad 1. In die begin van die 2de kwartaal het haar juffrou met my gesels oor haar vordering en ‘n groot bekommernis was dat haar tempo en konsentrasie nie na wense is nie.

“Reani het is deur ‘n opvoedkundige sielkundige gediagnoseer met ADD. Ek het begin soek op die internet na inligting oor ADD en het op Edublox se webtuiste afgekom. Susan het Reani geëvalueer en sy het het aanbeveel dat ons Edublox probeer. Reani het in Junie-vakansie begin met die tuisoefeninge van Edublox en daarna het sy een keer per week gegaan vir sessies by Edublox.” Lees verder, en sien ook voorbeelde van Reani se skoolwerk...


Maja Lötter: “Ons het by Edublox aangesluit omdat Gerhard gesukkel het om te lees.

  1. Hy het baie woorde geklank, en nie vlot gelees nie.
  2. Sy leesspoed was nie op standaard nie.
  3. Sy geheue oor wat hy gelees het, of na geluister het, was nie goed nie.
  4. Na twee kwartale van spraakterapie en spelreëls, het ek nie ‘n vreeslike groot verbetering gesien nie.” Lees verder, en sien ook voorbeelde van Gerhard se skoolwerk...


Karen Dormehl: “Ons as ouers het Zander ingeskryf agv die feit dat hy geweldig sukkel met lees asook spelling. Zander is ‘n teruggetrokke seun en die feit dat hy stadig lees het vir hom die indruk gegee dat hy, soos hy self aan ons genoem het, dom is. Hy het vir ons genoem dat een van sy vriendjies ook gesukkel het en nou gaan dit baie beter met die betrokke seun. Ek het Rijk se ouers gekontak en hulle het vir my die nommer van Edublox gegee.” Lees verder…


Gaan na Bladsy 1
Gaan na Bladsy 2
Gaan na Bladsy 4
Gaan na Engelse Getuigskrifte
Gaan na Internasionale Getuigskrifte
Vir vele meer, besoek EdubloxSA.co.za