Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Lees, Leesbegrip, Selfvertroue en Skoolprestasie
Verbeter. Wiehan se Ma Vertel

2014:

Wiehan het swak gevaar op skool. Sy grootste probleem was lees en spelling, leesbegrip en konsentrasie. Wiehan raak gou senuweeagtig in ‘n vreemde omgewing of sodra hy in die ‘lig’ geplaas word. Ek het Edublox genader as ‘n bekommerde ouer en die feit dat ek Wiehan wou help.

Wiehan het in Julie 2014 by Edublox begin. Binne ‘n paar weke het hy met meer selfvertroue begin lees. Sy punte in die derde kwartaal het in party vakke amper verdubbeld. Een groot ding van Wiehan is dat hy selfvertroue opgebou het. Hy het weer in homself begin glo. Met die laaste kwartaal was sy punte nie so goed nie, maar dis omdat hy self begin leer het. Hy het begin fokus, meer in detail begin lees en meer verstaan wat hy lees.


Wiehan se 2014 skoolrapport

2015:

Wiehan begin 2015 op ‘n heel ander noot. Hy doen self sy huiswerk en ek sien dit net na. Hy lees makliker ‘n vraag om dit makliker self te antwoord. Hy vind so baie genot uit elke week se twee klasse. Na die klasse is Wiehan baie meer positief en baie meer opgewonde.

Ons bou baie aande woorde. Ek het die alfabet uitgeknip en hy geniet dit so dat hy baie aande 20 tot 30 woorde spel. Hy hou aan probeer waar hy voorheen al lankal sou tou opgooi. Hy begin hardop naamborde lees soos ons ry en al is dit dalk nie 100% nie sou hy dit nooit voorheen gedoen het nie. Hy lees ‘DVD covers’ vir die name waar hy voorheen na die prente sou kyk! Wiehan luister meer in die klas en kom vertel elke dag wat hy geleer het, waar hy dit nooit gedoen het nie.

Wiehan se selfvertroue groei daagliks. Hy pak baie dinge self aan. Hy het geleer om op te staan vir homself. Hy is mal oor Edublox; Louna en haar personeel laat hom tuis voel. Hy werk met elke les baie hard en geniet die resultate. Edublox het in baie opsigte Wiehan verander — als BAIE POSITIEF!

Annalize Lombard
1 Februarie 2015