Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Visuele Diskriminasie

Visuele diskriminasie is die vermoë om deur middel van die oë te onderskei en ooreenkomste en verskille raak te sien.

‘n Kind met onvoldoende visuele diskriminasie sal dit moeilik vind om tussen syfers, letters en woorde te onderskei. Letters, woorde, frases, syfers en prente kom vir hom verward voor. Hy lees bv. een vir nee, krot vir kort, 12 vir 21, en skryf dit ook so.

Korrekte visuele diskriminasie is nodig om vordering op skool te verseker.