Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Visuele Persepsie

Noukeurige visuele persepsie stel die skoolbeginner in staat om te lees, skryf en reken, trouens, in elke handeling wat die kind uitvoer, speel visuele persepsie ‘n groot rol.

Ons vind egter dat daar jaarliks baie leerlinge skool toe gaan met ‘n onderontwikkelde visuele waarnemingsvermoë en dan take soos lees, skryf en reken moet aanpak waarvoor hulle nie gereed is nie. Sulke kinders vind dit moeilik om voorwerpe in hulle korrekte vorm en verband te onderskei, wat baie onsekerheid by die kind kan veroorsaak. Hy neem sy leefwêreld op ‘n verwronge wyse waar wat weer emosionele ontwrigting tot gevolg het.