Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Vormwaarneming

Dit is die vermoë om vormverskille tussen onderskeie voorwerpe te kan waarneem.

Dit is een van die mees basiese diskriminasies wat 'n kind moet kan maak. Enige kind met swak vormwaarneming het beslis 'n groot agterstand wanneer hy met skoolverwante aktiwiteite van enige aard gekonfronteer word. Daar is skaars enige akademiese aktiwiteit te bedink wat nie van die kind verwag om vormwaarnemings te maak nie.

Die ooglopendste klasaktiwiteit wat van die kind vereis om vormonderskeidinge te maak, is lees. Die aanleer van die letters van die alfabet, lettergrepe en woorde sal beslis belemmer word as die kind probleme ondervind met die waarneem van die vorms van letters, lettergrepe en woorde.

Vormwaarneming is een van die vele vaardighede wat by Edublox geoefen en sodoende verbeter word.